Bestanddele
• 6 gekoopte sjokolade-muffins (of aantal na keuse)
• 1 blikkie swart-kersies
• 1 houer Fair Cape vars vanilla vla (500g)
• 1 koppie Fair Cape vars room (250ml)
• 6 gekoopte sjokolade-muffins (of aantal na keuse)
• 1 blikkie swart-kersies
• 1 houer Fair Cape vars vanilla vla (500g)
• 1 koppie Fair Cape vars room (250ml)
• Versiersuiker
• Brandewyn
• 1 pakkie whispers sjokolade
• ‘n Paar takkies kruisement (mint)
Metode
Sny die muffins in skywe en pak ‘n laag onder in 4 glase of nageregbakkies.
Sprinkel die muffin-skywe met brandewyn.
Bedek met ‘n laag vla.
Gooi sap van kersies af en pak 6 of 7 kersies op die vlalaag.
Klits room en versoet met bietjie versiersuiker (of gebruik die Faire Cape Whip-it! Non-dairy room wat reeds versuiker is).
Skep nou ‘n lagie room oor en herhaal weer al die lae.
Rangskik 5 of 6 whispers op die boonste laag room en versier met kruisement blare.
Dit kan dadelik geniet word of plaas in yskas tot benodig.
(Nico Nel - Kook en Vertel)