Wednesday, 12 October 2011

Hergebruik ou kerse sonder om hul te smelt

Baie van ons het kerse of stukkies van kerse wat oorgebly het van vorige funksies. Dis nie mooi genoeg om weer op 'n onthaal tafel te sit nie, maar ook nie so sleg om dit weg te gooi nie.  Hier is 'n oulike idee vir die somer en hoe om die stukke kerse weer te gebruik en dalk geld te bespaar:

Neem 'n mooi skinkbord en sit al die kerse op die skinkbord. Enige vorm en kleur en enige grote kan almal deurmekaar saam op die skinkbord gepak word. Versier die skinkbord dan deur mooi spoelklippies tussen die kerse te strooi en sit 'n paar blomknoppe tussen in. Jy kan self jou verbeelding gebruik en strikke of blaartjies of enige iets gebruik waarvan jy hou om die skikbord mooi te maak.

Siedaar jy het 'n skinkbord vol lig vir 'n aand se kuier by die braaivleisvuur of vir 'n romantiese kuier net vir julle twee erens in die tuin.

SLIM WENK:  "Dokter" 'n paar kerse met Eucalyptus olie en sit dalk so een of twee sitronella kerse tussen-in om die goggos en muskiete weg te hou.