Wednesday, 12 October 2011

Hugo se kristal gemmerbier























Hugo soek al 25 jaar na hierdie resep. Hy het dit gekry, danksy RSG, by Hettie Le Roux van Bronkhorstspruit.

BESTANDDELE
Plantjie
56g bakkersuurdeeg (die blokkies)
1 koppie water
2 gelykvol teelepels suiker
2 gelykvol teelepels fyn gemmer

Kristalle
2 suurlemoene
2 koppies kookwater
2 koppies suiker

Bier
1 koppie kristalle
2 koppies suiker
2 teelepels gemmer
24 rosyne
8 koppies water

METODE
Plantjie
Sit suurdeeg in 'n glasfles.
Voeg die res van bestanddele by.
Hou die plantjie in die yskas.
Voer die plantjie vir 7 tot 10 dae elke tweede dag met 1 teelepel suiker en 1 teelepel gemmer.
Dreineer deur gaasdoek en hou die afsaksel. (Moenie die vloeistof weggooi nie!!)
Die afsaksel kan weer gebruik word. Dit word gevoed met 1 teelepel suiker en 1 teelepel gemmer (soos hierbo).

Kristalle
Neem nou die vloeistof wat jy afgegooi het en voeg die sap van 2 suurlemoene, 2 koppies kookwater en 2 koppies suiker by.
Roer tot die suiker opgelos is.
Vul aan met water tot daar 4½. liter vloeistof is.
Gooi in bottels.
Laat staan oop vir 2 uur en skroef dan toe.
Wanneer die kristalle klaar gevorm is en jy wil nie die suurlemoen water gebruik nie, kan jy jou bier maak. (Gooi dit deur gaasdoek om kristalle te bekom).

Bier
Meng al die bestandele en gooi in bottels.
Dis reg vir gebruik ná 2 dae.