Tuesday 4 October 2011

Versiering vir ‘n oukersdag en kersdag voordeur.

Vrolik jou voordeur op vir kersfees sonder om ‘n klomp geld uit te gee.  Gebruik wat jy reeds in en om die huis het.

‘n Groot ster vir die voordeur is maklik om sommer self te maak.  Kry vir pa om die ster vir jou uit te sny uit hout en kry die kinders om in die vakansie tyd die ster vir jou te verf en te versier.  Julle kan selfs een maak met draad en dit versier met skulpies, takkies uit die tuin en ander kers versierings wat nie meer gebruik word nie. 
‘n Paar rooi tuin stewels, dalk ‘n gieter wat in rooi geverf is en ‘n plant of twee met mooi rooi blomme, maak alreeds ‘n pragtige prentjie vir kersfees sonder om tradisionele kers versierings te gebruik. 
As jou voordeur onder dak is, kan jy selfs ‘n mandjie met kamma geskenke by jou voordeur sit.  Trek ‘n klomp leë karton boksies oor met mooi kerspapier en gooi hulle almal in die mandjie.  Sit die mandjie op ‘n tafeltjie of matjie by die voordeur en versier verder met dennebolle en kersversierings wat jy nie op die boom gebruik het nie.