Tuesday 4 October 2011

Kersboom van lekkergoed

Ek dink enige kind droom van lekkergoed wat aan bome groei.  Maak hierdie kersfees ‘n kersfeesboom vol lekkergoed wat enige kind se ogies sal laat blink.

Hierdie idee is oulik as jy dalk dink kersversierings is bietjie duur of as jy dalk ‘n funksie reël waar kinders teenwoordig gaan wees, bv. ‘n gemeenskapsprojek, of andersins sommer oulik vir jou eie huis waar almal hou van ‘n bietjie soete-verrassings oor kerstyd.

Jy kan enige lekkergoed gebruik, solank hulle reeds in papiertjies toegedraai is.  Gebruik dan bloemiste draad of materiaal linte om die lekkergoed aan die boom op te hang. 

Nog ‘n oulike idee is om vir elke kind ‘n lekkergoed-pakkie te maak en ook aan die boom te hang.  Jy neem ‘n leë toiletrolletjie, vul dit met alles wat lekker is en trek dit dan soos ‘n kersfees-klapper  oor (sien foto hier bo).  Jy kan die kind se naam dan aan die buitekant van die pakkie aanbring, as jy verkies en/of dalk sommer een vir elke gesinslid maak.
Vir die vier-voet kinders (honde kinders), kan jy natuurlik ook so ‘n lekkergoed-pakkie maak, maar vul dit met lekker gesonde hondebeskuitjies.  (Kyk onder ons troeteldier afdeling vir ‘n resep wat jy maklik sommer self kan aanmaak en bak.)