Tuesday 4 October 2011

Blomme vir 'n Desember somer kersfees tuin.


Oktober is 'n goeie maand om jou tuin reg te kry vir die kers seisoen. Kyk na die lys hier onder van wat wel blom oor kerstyd en begin plant aan jou blomtuin. 

Verf die tuin muurtjies, maak die tuinpaadjies weer bietjie nuut en gooi nuwe deklae waar nodig. Onthou voeding vir die tuin is ook nou baie belangrik.

Plante en blomme wat in Desember blom (so kan jy bietjie beplan vir 'n pragtige Desember blomtuin): Chinese lantern, Fuchsia, Hibiscus, Rose, Zantedeschia (aronskelk / varkblomme), Amarillis, Krismisrose, Petunia, Dahlias, frangipani, agapante, glads (gladiolus), asters, koringblomme, inka lelies en Penstemon.