Thursday 6 October 2011

Tuisgemaakte kleideeg




















Onthou om die deeg altyd toe te maak wanneer dit nie gebruik word nie, anders sal dit uitdroog. As die deeg effens klewerig is, voeg jy net meer meel by.
Genoeg vir: 1 klein vierkantige roomysbak
625 ml koekmeel
375 ml kookwater
125 ml sout
45 ml olie
voedselkleursel
Meng al die bestanddele saam en knie tot die kleideeg glad en elasties. Bêre dit in die yskas tot die kleingoed wil speel.