Thursday 6 October 2011

Glutenvrye gemmerbroodmannetjies



















Maak: 10-15

Baktyd: 10 minute
Oondtemperatuur: 170 °C
275 g glutenvrye koekmeel (beskikbaar by gesondheidswinkels)
7 ml fyn gemmer
3 ml fyn gemengde speserye
2,5 ml koeksoda
135 ml (125 g) botter
145 ml (125 g) bruinsuiker
30 ml gouestroop
versiersel en lekkers vir versiering (maak seker dat die lekkers glutenvry is)
1 Sif die meel, speserye en koeksoda saam en vryf die botter daarin.
2 Roer die suiker en stroop by die meelmengsel. Voeg 'n bietjie water by as dit te droog is.
3 Rol die deeg tussen twee velle bakpapier uit tot 5 mm dik. Gebruik 'n koekiedrukker om mannetjies uit die deeg te sny en pak dit op 'n gesmeerde en gevoerde bakplaat. Bak dit vir 10 minute in 'n warm oond. Laat dit heeltemal afkoel voordat jy dit versier.
4 Druk versiersel op die mannetjies uit en plak lekkers in die versiersel. Sit dit eenkant om hard te word.

(Resep was in Idees Tydskrif)