Thursday 6 October 2011

Resep vir soetkoekies



















2/3 koppies (160 ml) margarien
¾ koppie (180 ml) suiker
2.5 ml vanielje

1 eier
15 ml melk
2 koppies meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout

Room margarien, suiker en vanielje. Voeg die eier en melk by.
Sif meel, bakpoeier en sout.
Voeg dit by die margarienmengsel. Meng dit deeglik.
Deel die deeg in 2 dele. Plaas op waspapier, vou toe en plaas in yskas vir 1 uur of in die vrieskas vir 20 minute as jy haastig is.

Skakel die oond op 180 °C.
Neem die deeg uit die yskas. Haal dit uit die papier en rol op 'n meelbestrooide oppervlak uit. Dit werk makliker as jy elke keer net 'n klein stukkie deeg neem.

Druk vormpies uit. Plaas op 'n bakplaat en druk 'n gaatjie aan die bokant in met 'n strooitjie as jy dit aan die kersboom wil hang. Smeer met eierglasuring as jy wil - kyk na die verskillende maniere waarop jy die koekies kan versier.

Bak vir 6 minute. Haal versigtig uit die oond en plaas op 'n rakkie om af te koel.