Tuesday 4 October 2011

Suurlemoen-en-grenadellalaagkoekies














Maak: omtrent 40
Baktyd: 10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
250 ml (230 g) botter
125 ml (65 g) versiersuiker
15 ml gerasperde suurlemoenskil

5 ml vanieljegeursel
335 ml (180 g) koekmeel
165 ml (95 g) mielieblom bruinsuiker om oor te strooi
VULSEL
30 ml grenadellapulp
65 ml (60 g) sagte botter
200 ml (105 g) versiersuiker, gesif
1 Klop die botter en versiersuiker saam tot lig. Klop die suurlemoenskil en vanieljegeursel by. Roer die meel en 'n knippie sout by tot 'n sagte deeg vorm.
2 Gooi die bruinsuiker in 'n mengbak. Rol die deeg in klein bolletjies en laat val elkeen in die suiker - draai dit sodat dit oraloor bedek is. Pak die bolletjies op 'n gesmeerde en gevoerde bakplaat, met genoeg spasie tussenin.
3 Bak dit in 'n verhitte oond vir omtrent 10 tot 12 minute of totdat dit 'n liggoue kleur kry. Laat dit op 'n draadrakkie heeltemal afkoel.
4 Druk die grenadellapulp deur 'n sif om van die pitjies ontslae te raak. Klop al die bestanddele saam tot goed gemeng. Gebruik 'n spuitsak en spuit van die vulsel op die plat kant van die helfte van die koekies. Druk die res van die koekies bo-op vas. Sit dit in die yskas totdat dit geëet word.