Tuesday 4 October 2011

Kaasbeskuitjies met gerookte paprika


















Maak: omtrent 30
Baktyd: 10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
410 ml (225 g) koekmeel
3-5 ml gerookte paprika

195 ml (180 g) botter
560 ml (225 g) beleë cheddarkaas, gerasper
1 Voeg die paprika en 'n knippie sout by die meel. Vryf die botter in en roer dan die gerasperde kaas by. Knie die mengsel totdat dit 'n sagte deeg vorm.
2 Rol die deeg dun uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Gebruik 'n koekiedrukker om vorms uit te druk. Bak dit in 'n verhitte oond vir 10 minute of tot goudbruin. Laat die beskuitjies vir 'n paar minute op die bakplate afkoel voor jy dit op 'n draadrakkie pak om heeltemal af te koel.