Tuesday 4 October 2011

Amandeldriehoekies























Maak: omtrent 30
Baktyd: 10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
300 ml (165 g) koekmeel
65 ml (55 g) strooisuiker
135 ml (125 g) koue botter

1 ml amandelgeursel
125 ml (50 g) gemaalde amandels
1 groot eiergeel
VERSIERSEL250 ml (130 g) versiersuiker, gesif koskleursel in die kleure van jou keuse
1 Meng die meel en suiker saam in 'n mengbak of voedselverwerker. Voeg die botter by en vryf of pols dit totdat die mengsel soos droë broodkrummels lyk. Meng die amandelgeursel, fyn amandels en eiergeel by.
2 Maak 'n bol met die mengsel en bedek dit met kleefplastiek. Sit dit vir 30 minute in die yskas.
3 Rol die deeg tussen twee velle waspapier uit tot 'n dikte van 5 mm. Gebruik 'n ravioli-snyer of messie en sny die deeg in driehoekies. Lig die vormpies versigtig en pak dit op 'n gesmeerde en gevoerde bakplaat. Bak dit in 'n verhitte oond vir 10 tot 12 minute of tot goudbruin.
4 Versiersel Meng 'n bietjie warm water in die versiersuiker en maak 'n glansversiersel. Verdeel dit in twee of drie verskillende bakkies en kleur dit met die koskleursel. Versier die driehoekies met die versiersel.