Tuesday 4 October 2011

Sjokoladeverrassings



















Maak: omtrent 50
Baktyd: 10-12 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
135 ml (125 g) sagte botter
250 ml (295 g) suiker
1 groot eier
375 ml (205 g) koekmeel

10 ml bakpoeier
100 g pekanneute, gekap
250 g M&M- of Mini Astrosjokoladebolletjies
1 Klop die botter en suiker saam. Klits dan die eier by.
2 Sif die droë bestanddele saam en meng dit by die geklopte mengsel in. Roer die neute en daarna die sjokoladebolletjies by.
3 Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde en gevoerde bakplate. Bak dit vir 10 tot 12 minute in 'n verhitte oond. Laat die koekies op die bakplate afkoel voordat jy dit vandie papier afhaal en in 'n blik bêre.