Tuesday 4 October 2011

Paaskoekies / Vrugtekoekies




















Maak: 20-25
Baktyd: 12-15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
270 ml (250 g) sagte botter
250 ml (130 g) versiersuiker, gesif
625 ml (340 g) koekmeel
3 ml bakpoeier

'n knippie sout
10 ml fyn gemengde speserye
125 ml (100 g) gemengde rosyntjies en sultanas, grofgekap
50 g witsjokolade, gesmelt
1 Klop die botter en versiersuiker saam tot romerig. Roer die droë bestanddele en dan die rosyntjies en sultanas by.
2 Rol die mengsel in twee lang worse en bedek dit met kleefplastiek. Sit dit vir 'n paar uur in die yskas totdat dit ferm is.
3 Sny die rolletjies in skywe van 1 cm en pak dit op gesmeerde bakplate. Bak dit in 'n verhitte oond vir 12 tot 15 minute of tot ligbruin. Skep dit van die bakplaat af en laat dit heeltemal afkoel op 'n draadrakkie.

VIR PAASFEES
4 Skep die gesmelte witsjokolade in 'n verseëlbare plastieksak of papierspuitsak. Sny een van die sakkie se hoeke af en spuit 'n sjokoladekruis op elke koekie. Laat dit heeltemal droog word voordat jy die koekies tussen lae waspapier in 'n blik pak.