Tuesday 4 October 2011

Makrolletjies in sjokolade gedoop



















Maak: omtrent 80
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 12-15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
165 ml (90 g) koekmeel
1 600 ml (500 g) droë klapper
1 blik kondensmelk

10 ml vanieljegeursel
200 g donkersjokolade, gesmelt (opsioneel)
1 Roer die meel, klapper en 'n knippie sout saam. Gooi die kondensmelk en vanieljegeursel by en roer die mengsel.
2 Skep teelepels vol van die mengsel op gesmeerde en gevoerde bakplate. Bak dit vir 12 tot 15 minute in 'n verhitte oond. Laat die koekies op 'n draadrakkie afkoel. Eet dit net so óf doop elkeen in gesmelte sjokolade - laat dit dan afkoel totdat die sjokolade hard is.