Tuesday 4 October 2011

Maklike Rice Crispie-koekies



















Maak: omtrent 90
Baktyd: 12-15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
300 ml (275 g) sagte botter
500 ml (425 g) suiker
10 ml vanieljegeursel

2 groot eiers, liggies geklits
625 ml (340 g) koekmeel
500 ml (155 g) droë klapper
500 ml (200 g) hawermout
5 ml fyn kaneel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
500 ml Rice Crispies, effens fyngedruk
kleurstrooisels, sjokolade-vermicelli en glanskersies vir versiering
1 Klop die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot romerig.
2 Roer die res van die bestanddele, behalwe die Rice Crispies en versierings, by. Roer die Rice Crispies versigtig deur. Rol die deeg in klein bolletjies en pak dit op gesmeerde bakplate. Druk dit met 'n vurk plat. Sprinkel verskillende versierings bo-oor. Bak die koekies vir 12 tot 15 minute in 'n verhitte oond. Laat dit vir 'n paar minute op die bakplate afkoel voordat jy die koekies op draadrakkies pak om heeltemal af te koel.