Tuesday 4 October 2011

Grondboontjie-en dadelkoekies


















Maak: omtrent 40
Bereidingstyd: 30 minute plus afkoeltyd
Baktyd: 12-15 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
5 ml gerasperde lemoenskil
80 ml (60 g) sultanas
80 ml (60 g) pitlose dadels, grofgekap

140 ml (60 g) grondboontjies, grofgekap
135 ml (125 g) botter
100 ml (90 g) strooisuiker
1 groot eier
230 ml (125 g) bruismeel
250 ml graanvlokkies, fyngedruk
1 Meng die lemoenskil, vrugte en neute in 'n mengbak saam.
2 Klop die botter en suiker in 'n aparte bak saam tot romerig. Voeg die eier by en klop goed. Vou die meel in en roer dan die vrugte-en-neutemengsel by. Sit die bak vir 30 minute in die yskas.
3 Rol die mengsel in klein bolletjies en rol elkeen dan in die fyngedrukte graanvlokkies. Pak die koekies op gesmeerde bakplate en bak dit vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin.