Monday 3 October 2011

Lok die voëltjies na jou tuin.



















Wanneer vrugte oor ryp raak en verby hul "eet-my-datum", moet dit nie sommer net weggooi nie.

Sny die vrugte in skywe en sit dit op 'n gewone bord of 'n plat stukkie hout in jou tuin.
Of jy kan so 'n oulike appel-hartjie maak uit draad of sommer 'n ou draad klere hanger.
Jy sal verbaas wees watter voëltjies almal jou tuin sal besoek.  Dis dalk net 'n goeie idee om dit hoog genoeg te sit op 'n plekkie waar die kat nie kan bykom nie....