Monday 3 October 2011

Basiese aarbei koekstruif (strawberry trifle)

As jy gedink het jy het nie tyd vir ‘n kersfees trifle nie of jy kan eenvoudig dit net nie maak nie want daar is te veel bestandele, is hierdie resep vir jou.  Dis maklik, vinnig, het min bestandele en lyk fantasties.

(Hierdie resep is individuele porsies, sodat die gasvrou nie nodig sal hê om heeltyd rond te hardloop tussen geregte nie.  Elkeen help homself met nagereg.)

Bestandele:
1.       Plaatkoek wat jy sommer klaar in die winkel koop.
2.       Aarbeie
3.       Room
4.       Aarbei konfyt
* Likeur (opsioneel)

Metode:
1.       Sny die koek sodat jy toebroodjies kan maak en smeer die aarbei konfyt in die middel.
2.       Sny dit dan in klein blokkies en gooi dit onder in die glase.  (Sou jy verkies, kan jy ‘n bietjie likeur oor sprinkel.)
3.       Plaas die gesnyde aarbeie bo-op die koek blokkies in elke glas.
4.       Gooi ‘n lagie vla bo-oor en rond af met room en nog ‘n stukkie aarbei of ‘n kersie (cherry) as versiering. 

Wenk:
Sny die aarbeie ‘n rukkie voor jy opskep in skywe en strooi ‘n bietjie suiker oor.  Bedek met foelie en plaas in die yskas vir ‘n rukkie totdat ‘n sousie vorm.  Skep van die sousie ook saam met die aarbeie in jou glase, sodat die koek blokkies onder in die glas nie droog is nie.

Nog ‘n wenk:
Hierdie is ‘n basiese resep.  Jy kan neute en ander vrugte byvoeg soos jy verkies.