Monday 3 October 2011

Kruietuin in die skadu

Lemon balm (Suurlemoen balsem / Melissa Officinalis) is ‘n kruie wat baie goed groei in skaduwee.

Lemon Balm word dikwels gebruik om roomys en kruie tee te geur saam met bv. peppermint. Word ook gebruik in vis geregte en jy kan lemon balm pesto daarvan maak. As jy die blare teen die vel vryf verdryf dit ook muskiete, so dis 'n redelik oulike kruie plantjie om in jou tuin te hê.

Ander kruie wat ook goed groei in skaduwee is pietersielie (goed vir spysvertering en handig om partytjie borde mee te versier onder andere), chives en meeste soorte mint. (Lemon balm is familie van mint.)