Tuesday 4 October 2011

Konfytblokkies




















Maak: omtrent 30
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
270 ml (250 g) botter
400 ml (350 g) strooisuiker
2 groot eiers
10 ml vanieljegeursel

1 000 ml (545 g) koekmeel
20 ml bakpoeier
250 ml aarbei- of appelkooskonfyt
1 Klop die botter en suiker saam. Voeg die eier en vanieljegeursel by en klop die mengsel goed. Vou die gesifte meel, bakpoeier en 'n knypie sout by.
2 Draai die bol deeg met 'n stuk kleefplastiek toe en sit dit vir minstens 'n halfuur in die yskas.
3 Druk driekwart van die deeg in 'n gesmeerde oondpan van 24 x 34 cm of twee vierkantige panne van 22 cm. Smeer 'n laag konfyt bo-oor en rasper dan die res van die deeg oor die konfyt. Bak dit in 'n verhitte oond vir 20 minute of tot goudbruin. Sny die koek in blokkies terwyl dit nog warm is, maar los dit dan in die pan totdat dit heeltemal afgekoel het. Skep dit versigtig uit en bêre dit in 'n lugdigte houer.