Tuesday 4 October 2011

Gemmerkoekies


















Maak: omtrent 100
Baktyd: 8-10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
185 ml (170 g) sagte botter
335 ml (200 g) klam bruinsuiker ("treacle")
1 groot eier
65 ml (80 g) melasse

10 ml koeksoda
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn gemengde speserye
500 ml (275 g) koekmeel
1 Klop die botter, suiker, eier en melasse saam tot romerig. Voeg die koeksoda, speserye en 'n knippie sout by. Roer dit tot gemeng. Roer die meel by totdat dit net-net deurgemeng is. Sit die bak met deeg vir minstens een uur in die yskas.
2 Rol die deeg in bolletjies met 'n deursnee van 2 cm. Pak dit op gevoerde bakplate en bak dit dan vir agt tot 10 minute in 'n verhitte oond. Die koekies sal nog sag voel as dit uit die oond kom, maar word harder sodra dit afkoel.
3 Laat die koekies vir 'n paar minute op die bakplate staan en skep dit dan op 'n draadrakkie. Sodra dit afgekoel het, kan jy dit in 'n lugdigte houer bêre.