Tuesday 4 October 2011

Chinese lantern (Abutilon / Flowering maple)

Regtig een van my gunsteling struike vir ‘n tuin.  Hulle groei redelik vinnig, het min onderhoud nodig en raak so ± 2 tot 3m hoog.  Sommige net so 1.5 m. 

Hierdie tyd van die jaar (lente) is hulle oortrek met klokkie vormige blommetjies en hul hou eenvoudig aan en aan met blom tot in herfs.  Selfs in winter maande blom die een in my tuin nog plek plek heerlik voort.  Verkrygbaar in baie kleure en hulle hou van volson.