Tuesday 4 October 2011

Karringmelkbeskuit

















Maak: 60-80
Baktyd: 50-75 minute plus droogtyd
Oondtemperatuur: 175 °C
2 750 ml (1,5 kg) bruismeel
500 ml (420 g) suiker
410 ml (375 g) botter
4 groot eiers
500 ml karringmelk
1 Meng die meel, suiker en 'n knippie sout saam in 'n groot mengbak. Vryf die botter in die meelmengsel in. Klits die eiers en karringmelk saam en gooi dit by die meelmengsel. Meng dit totdat dit 'n ferm deeg vorm.
2 Druk die deeg in twee gesmeerde beskuitpanne. Anders kan jy die deeg in drie groot of vier middelslag-brood broodpanne druk. Bak dit vir 50 minute indien jy beskuitpanne gebruik, of 1¼ uur as jy dit in broodpanne bak.
3 Haal die beskuit uit die oond en keer dit uit die panne. Laat dit effens afkoel en sny dit dan met 'n getande mes in vingers. Pak die beskuite op draadrakkies en sit dit op bakplate.
4 Draai die oondtemperatuur tot baie laag en sit die beskuit terug in die oond. Laat dit vir ses tot agt uur of oornag uitdroog. Bêre dit in lugdigte houers.