Tuesday 4 October 2011

Gesondheidsbeskuit























Maak: omtrent 40
Baktyd: 45-50 minute plus droogtyd
Oondtemperatuur: 170 °C
500 g (545 ml) botter
300 g (350 ml) bruinsuiker
2 groot eiers, liggies geklits
500 ml karringmelk

1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier
200 g All Bran-ontbytkos
500 ml (135 g) semels
150 ml (115 g) rosyntjies
100 ml sonneblomsaad
30 ml sesamsaad
30 ml lynsaad
1 Smelt die botter en suiker saam in 'n kastrol. Laat dit eenkant afkoel. Gooi die eiers en karringmelk by.
2 Sif die meel, bakpoeier en 5 ml sout saam. Voeg die All Bran, semels, rosyne en sade by. Roer die eiermengsel by. Vorm bolletjies en pak dit langs mekaar in 'n gesmeerde oondpan. Bak dit vir 45 tot 50 minute in 'n verhitte oond.
3 Keer die gaar deeg op 'n draadrakkie uit en laat dit effens afkoel voordat jy dit in beskuite breek. Pak dit op draadrakkies en sit dit op bakplate. Draai die oondtemperatuur tot baie laag en sit die beskuit terug in die oond. Laat dit vir agt tot 10 uur uitdroog.