Thursday 6 October 2011

Mara Swart se Roompoffers
























‎250ml Kookwater, 250ml koekmeelblom, 4 eiers, 125ml Margarien en 2ml sout


1. kookwater in 'n kastorolletjie, rooer botter by en verhit tot gesmelt.
2. Roer die meel en sout alles tegelyk met ' houtlepel by sodra vloeistof vinning opkook.
3. Roer vinnig totdat mengsel 'm stywe bal vorm en nie meer aan die boom en kante van die kastrol vaskleef nie.
4. Haal van die stoof af, klop 'n minuut en laat sowat
5 minute afkoel. 5. Voeg eiers een vir een by, en klop baie goed na elke byvoeging.
6. Skep teelepelsvol op gesmeerde bakplaat. ('n versierbuis of spuit kan ook geburuik word, dan is die poffers in 'n mooi vorm)
7. Bak 10 min by 220C en draai die hitte af na 180C en bak 'n verdere 25 min.
8. Wanneer ui die oond kom, laat effens afkoel en syn die eenkant van jou poffer oop om die vulsel van jou deure in te sit. (Hierdie poffers vries ook baie goed en kan lank voor die tyd gemaak word; hulle moet egter eers oopgesny word en dan lugdig gevries word)

VULSEL
500ml Room, 25ml Strooisuiker (of na smaak) 2 Piesangs (fyn gedruk) 1ml Vanielje geursel

Klits room styf, voeg strooisuiker, piesgammoes en geursel by meng goed en skep in poffers OF 300ml Versiersuiker 75ml Kakao (of gesmelte sjokolade) 15ml Margarien 30ml Water Sif bersiersuiker en kakao, roer botter by en maak met kooksater aan tot 'n dit glansversiersel en smeer op poffertjies en laat styf word in koelkas Indie sjokodae gebruik word smelt in dubbelkastrol oor hitte en hooi so bietjie met n teelepel oor poffer dat dit so afloop.