Monday 10 October 2011

Geskenke toedraai

Geskenke lyk sommer meer spesiaal as jy moeite doen om dit mooi toe te draai.  Maak deur die jaar goedjies bymekaar wat jy kerstyd kan gebruik om die geskenke mee toe te draai en dit spesiaal te laat lyk. 
Hou iewers in jou huis 'n skoenboks waarin jy al hierdie goedjies kan bere.  Jy kan dan reg deur die jaar as jy soek vir 'n versiering, gou in die boksie gaan loer en somtyds verras jy jou self lekker met wat jy daarin vind.

Idees van wat jy kan gebruik / bere:  materiaal linte, knopies wat as versiering kan dien, boom sade wat dalk met kleur gespuitverf kan word, mooi materiaal, kombuis vadoeke maak oulike toedraai materiaal, selfs 'n waslappie, plastiek blom knoppies, krale, ou verjaarsdag of kersfees kaartjies waarvan die prentjie weer hergebruik kan word, selfs 'n ou kersversiering van verlede jaar.

Jy kan regtig jou verbeelding gebruik.