Monday 10 October 2011

Hergebruik die visbak

As jy moeg is vir die goudvissies en hulle gaan skenk aan iemand wat hul meer waardeer, sit jy dalk met 'n visbak wat net goed is vir blomme daarin rangskik.
'n Oulike hergebruik idee is om vetplantjies daarin te plant.

'n Klein bietjie sand onder in die bak (nie te veel nie) en 'n paar klein spoelklippies rond die prentjie af.
Jy hoef nie baie water te gee nie en jou plantjie sal mooi groei selfs al gaan jy met vakansie en daar is niemand om dit water te gee nie.