Thursday 29 September 2011

Vrolike handvatsels

Verf die handvatsels van jou tuin grafie stelletjie met vrolike en helder kleure. 

Eerstens sal dit help dat daardie grafie met die GROEN handvatsel nie weer vir die honderdste maal verlore raak tussen al die GROEN plante nie.  Jy sal sommer onmiddelik sien waar jy hom laas gelos het.
Tweedens bring die helder kleure sommer 'n ekstra vrolikheid en plesier om buite in jou tuin te kan rond-"speel"...