Thursday 29 September 2011

Goedkoopste kersversierings ooit

Deesdae kry mens oral in die winkels pypskoonmakers in verskillende kleure.  Jy kan dus hierdie oulike kersversierings maklik maak sonder 'n groot uitgawe.

Neem 1 wit en 1 rooi pypskoonmaker en draai die twee saam om die "candy cane" voorkoms te gee soos op die foto.  Knip dan met 'n tangetjie die verlengde lengte wat jy nodig sal hê en buig dit in die vorm van 'n kierie.  Dis so maklik, bekostigbaar en jy kan tonne van hulle maak. 
Dis 'n ideale projek om die kinders oor 'n vakansie besig te hou.  Jy kan die versierings later in die kersboom gebruik of jy kan dit gebruik om jou kersgeskenke te versier.