Thursday 29 September 2011

Roosmaryn






















Waar plant jy dit?
·         Roosmaryn is sonliefhebbers en soek minstens vier tot sewe uur son elke dag.
·         Plant roosmaryn in grond wat goed dreineer.
·         Roosmaryn hou nie juis van wind nie, so soek 'n plekkie waar hulle lekker beskut sal wees.
·         Vir dié van ons wat nie tuine het nie, is daar goeie nuus: Roosmaryn doen goed in potte op die balkon of stoep, of selfs in 'n klein potjie op die vensterbank. Onthou net, hoe kleiner jou potjie, hoe kleinergaan jou plant bly.
·         As jou roosmaryn op die vensterbank staan, plant elke plantjie in sy eie houer - dis sommer ook 'n mooi dekor-element.