Wednesday 28 September 2011

Verruil sement vir 'n pragtige tuin en bly steeds waterslim.


As jou hele agterplaas toe is onder die sement, kan jy steeds ‘n oulike kombuis of blommetuin begin.
Bou plant-bakke van afval hout of sementstene as die hout te duur uitwerk om aan te koop.  Die foto wys hoe mooi mens die bakke in ‘n patroon kan plaas en jou tuin gaan steeds waterslim wees, want jy kan hom sommer met ‘n emmer of gieter water gee.  Sommige bakke kan gebruik word vir groente, ander vir kruie en hoekom nie ‘n paar vir blomme ook nie? 
Handige kruie om te plant is altyd die kruie wat JY in kos sal gebruik.  Moenie goed plant net omdat almal daarvan praat nie.  As jy onseker is, maak ‘n draai by die koswinkel en koop vars kruie (bv. basil wat in pakkies te koop aangebied word.)  Gebruik dit dan in die kos en kyk eers of jy hou van die smaak.