Wednesday 28 September 2011

Groente en blomme "bo" die grond.


Voordele van “raised garden beds” /plant bakke bo die grond:
Maklik bereikbaar vir mense in ‘n rolstoel.  (Hou die breedte van die plantbak smal.)
Meer gerieflik vir die rug van bejaardes wat nog ‘n plantjie wil plant.
Klein genoeg vir kinders om te kan onderhou.
Waterslim want dit kan met ‘n gieter of emmer nat gegooi word.
Min onderhoud, want dis nie ‘n groot spasie om onkruidvry te hou nie.
Kan bo-op bestaande sement blad gebou word sonder uitgrawings en kan maklik weer verwyder word.
Kan gebou word rondom ‘n boom waarvan die wortels nie veel plek laat vir ander plante om te groei nie.