Monday 26 September 2011

Veelsydige Risotto













Bestanddele
sowat 1 liter groente- of hoenderaftreksel; 250 g vars aspersies of waterblommetjies; 100 g botter; ½ ui, fyn gekap; 250 g (300 ml) Arborio-rys; 150 ml goeie droë witwyn; 75 g parmesaankaas, gerasper



Metode
Verhit die aftreksel in ’n groot kastrol en dompel die waterblommetjies of aspersies vir ’n minuut daarin. Skep uit en hou eenkant. Hou die aftreksel warm. Verhit 50 g van die botter in ’n groot pan en braai die ui tot sag en deurskynend. Roer die rys by die ui in en braai ’n minuut. Giet die witwyn by en verhit tot die meeste vloeistof verdamp het.

Skep nou lepels vol aftreksel by die rys. Laat die aftreksel wegkook voor jy die volgende lepel vol byvoeg. Voeg net genoeg aftreksel by tot die rys byna gaar is (hierdie proses behoort sowat 20 minute te duur en jy gaan nie noodwendig al die aftreksel gebruik nie).

Sodra die rys gaar is (dit moenie te sag wees nie), roer die waterblommetjies of aspersies by, gevolg deur die res van die botter en parmesaankaas. Sit warm voor.