Monday 26 September 2011

Waterblommetjie Slaai

























BESTANDDELE
2 blikke waterblommetjies of vars waterblommetjies
250g klein uitjies
1 botterskorsie, opgesny in blokkies
2 geel en 2 rooi soetrissies


4 knoffelhuisies, fyngemaak
1 pakkie sampioene, opgekap
100g bokmelkkaas
handvol sesam- of sonneblomsaad
sout na smaak

Sous:
½ koppie olyfolie
¼ koppie suurlemoensap
1 teelepel mosterd

METODE
Stoom waterblommetjies gaar as dit nie in 'n blik is nie.
Rooster soetrissies in oond totdat vel verbrand. Gooi in 'n plastieksak en laat dit vir 'n paar minute stoom. Haal uit en trek die velle af. Sny die rissies in repe.
Bak of stoom botterskorsie tot gaar.
Rooster die sade in 'n pan sonder enige botter of olie.
Braai die uie, sampioene en knoffel in 'n pan.
Plaas alles in 'n groot slaaibak, gooi die sous oor en sprinkel die sade oor.
Versier met bokmelkkaas.