RUSTY SPECIAL
(Tamatiesmoor)
1,2 kg ryp tamaties fyn gesny
2 groot uie fyn gesny
5 knoffelhuisies gen gekap
5 groen rissies fyn gekap (ek haal die pitjies uit anders brand dit te veel)
1 k olie (dit klink baie, maar dis deel van die sous)
Verhit olie oor stadige hitte en gooi uie, knoffel en rissies by.
Kook tot sag en voeg by:
1 eetl kerrie (ek gebruik Cartwrights medium)
2,5 ml borrie en kook deur.
Voeg tamaties by asook 7,5ml sout en 1 eetlepel suiker.
1 eetl kerrie (ek gebruik Cartwrights medium)
2,5 ml borrie en kook deur.
Voeg tamaties by asook 7,5ml sout en 1 eetlepel suiker.
Kook oor stadige hitte totdat al die water weggekook het.
Ongeveer 'n uur.
Proe of daar nog sout kort en voeg by as jy van meer sout hou.
Heerlik saam met pap en hot dogs. Of sommer so saam 'n tjoppie! Ewe lekker op toast.
Ongeveer 'n uur.
Proe of daar nog sout kort en voeg by as jy van meer sout hou.
Heerlik saam met pap en hot dogs. Of sommer so saam 'n tjoppie! Ewe lekker op toast.
Resep van Leonie Scott