Tuesday 20 September 2011

Suikervrye kitsmelktert

Kors:
1 pakkie volgraan-digestiebeskuitjies
125 g botter of margarien
2,5 ml fyn kaneel


Vulsel:
625 ml afgeroomde melk
12 kunsmatige versoeter tablette of 24 druppels vloeibare kunsmatige versoeter
15 ml botter of margarien
10 ml vanilla
2,5 ml amandelessens
30 ml meelblom
30 ml mielieblom
2 eiers
1 pypkaneelstokkie
fyn kaneel

Maak die krummelkors deur die beskuitjies fyn te druk en voeg die fyn kaneel en gesmelte botter of margarien by. Druk vas in `n 23cm tertbak. Verhit die melk met die pypkaneel tot kookpunt vir die vulsel. Klits die eiers, vloeibare kunsmatige versoeter (indien die tablette gebruik word, voeg dit by die warm melk sodat dit kan oplos), meel- en mielieblom saam. Gooi die warm melk oor hierdie mengsel. Roer deeglik. Plaas terug in pan en kook, roer totdat die mengsel dik en glad is. Voeg die margarien of botter, vanilla-en amandelessens by. Gooi in die kors. Besprinkel met fyn kaneel. Laat afkoel.