Tuesday 20 September 2011

Poeding vir smulpape

4 sjokolade brokkie muffins (die met sjokolade stukkies binne-in)
Vanilla roomys
100 g bar one
Glans kersies
Sny die bar one in stukkies, gooi bietjie melk by en smelt dit in die mikrogolf vir 30-45 sekondes. Roer goed. Die toffie in die bar one maak klontjies en dis reg so. Halveer die muffins en mikrogolf dit vir 30 sekondes sodat die sjokolade binne-in kan smelt. Plaas `n halwe muffin op `n bordjie, skep `n skep roomys bo-op en bedek met bar one sous. Sit `n kersie bo-op en siedaar! Jy het `n blitsvinnige poeding wat mense vir nog sal laat vra.