Wednesday 21 September 2011

Spring equinox - Eerste Lentedag

Ons hoor op die radio mense praat van dis “Spring equinox” op die 23ste September.  Nou wat beteken dit eintlik?
Wel in kort is dit die amptelike begin dag van lente.  (Equinox beteken “equal night” – dus is die dag en nag ewe lank.)
Op 23 September 2011 begin die Suidelike halfrond se Lente en die Noordelike halfrond se Herfs.
Jy mag dus maar amptelik vir 23 September 2011 in Suid Afrika ‘n lentedag viering beplan.