Wednesday 21 September 2011

Dis tyd vir lente-piekniek

Met ‘n heerlike lente of somer piekniek in gedagte neem ons jou terug na jou kleintyd en die padkos wanneer jul met vakansie was?  Onthou jy?
Dis eenvoudig net 400 keer lekkerder omdat dit langs die pad in die opelug geeet is.  Ma se toebroodjies, koffie in die warmfles en gekookte eiers was koningskos.  Dit was ‘n familie fees om te stop langs die pad onder ‘n boom en dan daardie mandjie uit te haal propvol kos-verrassings.

Wel ek dink hierdie jaar moet ons ons parke bietjie ondersteun.  Hou piekniek met die kinders in die park en belangrikste van alles leer hul om nie papiere in die park rond te gooi nie.  Dit begin by ons self.  Hou dit skoon.  Niemand anders gaan dit VIR jou optel nie.  Ons weet almal niemand gaan dit skoon hou as ons dit nie self doen nie.  Kom ons maak ‘n begin en geniet weer ‘n slag die klein lekkertes van die lewe.  ‘n Somer piekniek met varslug en geen rommel.

Tussen my en jou……ek dink dis ook tyd dat as ons iemand sien wat papiere net neergooi, om die persoon mooi te vra om dit asb. nie te doen nie, want niemand anders gaan dit optel nie.  As jy nie die moed hiervoor het nie, wees dan maar die voorbeeld en tel die papier asb. op en gooi dit in ‘n drom.  Ek het al baie mense dit sien doen en respekteer hul daarvoor.  Ai mense dis die enigste uitweg.  Kom ons probeer ten minste….