Friday 23 September 2011

Spinasie en Tamatie tert

Spinasie en Tamatie tert
[met tamatie en uie smoor]

2 bossies vars spinasie = 900 gr gaar spinasie- ek maak nie te fyn puree nie.
1 blikkie tamatie en uie smoor of as jy vars maak so 5 groot tamaties met 2 uie
... 1 blikkie geroomde sampioene of vars 250 gr gesnipper[ gebruik dan bietjie meer room
5 eiers , geskei
½ koppie cheddar kaas
1-2 eetlepels meelblom
1-2 eetlepels botter
100 ml dikroom
125 ml melk
Sout en peper
Neutmuskaat

Kook vars spinasie en maak puree – nie te fyn

Smelt die botter oor matige hitte, haal af.
Voeg die meelblom by en roer tot 'n gladde pasta.
Sit weer op plaat en roer die melk geleidelik by oor lae hitte tot sous dik en glad is
Roer die spinasie en tamatie smoor en sampioene by en haal van die plaat af.
Voeg die eiergele een vir een by en klop aanhoudend tot deurgewerk is
Klop die kaas, sout en peper geleidelik by
Voeg room by en werk liggies deur
Klits die eierwitte in 'n bak tot styf maar nie droog nie en vou dit in die spinasie mengsel in
Vir groot bederf snipper 1 pak spek/ bacon bits , braai en voeg by.

Skep in 'n oondbak [so groterige pyrex bak] en bak vir 20 tot 25 minute in die oond by 190° C

As ek die tert vries skei ek nie die eiers nie en ek bak in tinfoil bakke – gewoonlik vir die studente huis
Haal uit vrieskas en laat stadig ontdooi en warm op in oond of mikrogolf.
Hierdie is 'n saamgeflansde resep omdat hul kleintyd nie spinasie wou eet. Ek het probeer om dit noukeurig uit een te sit maar ek kook en brou na gedagte. Hoop jul kan dit gebruik.