Friday 23 September 2011

ROOISLAPHAKSKEENTJIES MET ROOIBOSTEE.


Die resep kom uit “Skink en Skep uitgegee deur die Rooibosteeraad.

Maak 250ml -1 Koppie lekker sterk rooibostee aan.

Skil 1,5kg – 2kg klein uitjies.

Voeg Rooibostee, 150g Sultanas, 125g Suiker, 250ml Witasyn, 114g Tamatiepasta, 50ml Kookolie, Knippie Sout en Rooipeper na smaak saam in ‘n kastrol en prut met deksel op vir 1 uur terwyl gedurig geroer word.

Haal deksel af en laat verder prut tot sous verdik. As jy wil kan jy mielieblom met met bietjie water aanmaak en die sous daarmee verdik.

Kook intussen uitjies in soutwater tot gaar.

Skep warm uitjies in warm gesteriliseerde flesse en vul met sous. Maak seker dat al die lugblasies uit is. Verseël