Friday 23 September 2011

2009 Sarie se Beste Ui en Tamatiesmoor





















RESEP NR 1

SAKI SE TUISGEMAAKTE TAMATIESMOOR (Sarie 2009)

• 5 groot, ryp tamaties
• 2 middelslag-uie
• 30 ml olyfolie
• 6 knoffelhuisies


• 4 takkies (so 5 cm elk) vars roosmaryn
• growwe sout na smaak
• 45 ml gladde heuning
“Kruis” tamaties (druk met ’n skerp messie ’n kruisie aan die onderkant). Sit tamaties in ’n kastrol en gooi ’n ketel kookwater oor. Glip skilletjies af en sny kroontjies uit. Sny tamaties in blokkies. Skil uie en sny in fyn blokkies. Gooi tamaties en uie in gietysterkastrol. Voeg olyfolie by. Kook teen medium-hitte vir sowat 1 uur. Druk knoffel met ’n breë vleismes plat, verwyder skilletjies en breek in growwe stukke. Gooi by tamaties in kastrol. Pluk roosmaryn, spoel af en gooi heel takkies by. Voeg growwe sout na smaak by. Kook vir nog ’n uur en proe of die smoor “gaar” en deurgekook is. Roer heuning in en laat dit deurkook. Laat prut vir nog so 15 minute. Proe weer of alles gaar genoeg is. Indien nie, laat nog 15 minute kook.


RESEP NR 2

Tamatie en Uiesmoor (Sarie 2009)

•½ geel soetrissie
•1½ ui
•6 ml sout
•7,5 ml kerriepoeier
•2,5 ml heel komynsaad, gerooster
•15 ml bruinsuiker
•30 ml sterk blatjang
•15 ml balsemasyn
•2,5 ml growwe swartpeper
•15 sagte gedroogde appelkose
•1 x 800 g-blik Italian whole peeled tomatoes in tomato juice van Woolworths
•10 vars basiliekruidblare
Rooster geel soetrissie oor 'n vlam tot swart – daai hele proses van in 'n sakkie sit om te sweet en trek skilletjies af. Kap fyn. Kap uie baie fyn en smoor in 'n bietjie olie tot sag. Voeg soetrissie, sout, kerriepoeier, geroosterde komynsaad, bruinsuiker, blatjang en asyn by die uie. Laat die geure vir 'n paar minute meng oor lae hitte. Geur met swartpeper. Kap appelkose elk in 8 stukkies en voeg by. Sny die tamaties in fyner stukkies, so 1½ cm-blokkies. Voeg alles by die uiemengesel en laat kook vir 6 minute oor lae hitte. Kap die vars basiliekruidblare fyn en voeg by net voor bediening.


Gebruike

1.Geniet die smoor op alles – ek gebruik dit by braaivleis, op alle soorte pap en as relish by hamburgers of hotdogs.
2.As daar oorbly vir môreoggend, posjeer ek sommer die ontbyteiers daarin – heerlik, heerlik.
3.Ons familie hou van sterkgegeurde kos, so ek gebruik sterk kerrie en sterk blatjang. As dit te sterk is, gebruik matige kerrie – maar moet dit nie uitlaat of minder maak nie, dit gee geur!
4.Moenie 'n ander soort tamaties as die Woolworths-produk gebruik nie – dit is soos Italiaanse mans: Mooi vir die oog, ryk in geure en soet op die tong!



RESEP NR 3