Tuesday 20 September 2011

Soet kondensmelk

2 pinte melk ( een pint = 2 koppies = 570 ml)
1/4 t koeksoda
1 pond suiker ( een pond = 2 koppies)
1/2 t sout

Los alles in die melk op en kook vinnig tot die dikte van dik room.  Moenie laat oorkook nie en roer aanhoudend.  Laat koud word en gooi in flesse.

Hierdie resep is vir diegene wat in lande bly waar kondensmelk nie beskikbaar is nie.  Nou kan hulle ook ons lekker resep met kondensmelk in berei.