Tuesday 20 September 2011

Hittegraad

Het julle al ooit op `n baie ou resep afgekom wat heerlik lyk maar as jy by die oond temperatuur kom het jy nie `n idee hoe warm om die oond te stel nie. Die ouergarde was geneig om te praat van `n “warm of matige oond”. Hier volg `n maklike uiteensetting van die ouer weergawe van oond temperature.

Warm 232-260°C
Matig warm 204-232°C
Matig 176-190°C
Stadig bak 163°C

Onthou gerus dat die oond vooraf verhit moet word tot die regte temperatuur, voordat die mengsel daarin geplaas kan word. As die mengsel reg is voor die oond warm is, plaas dit dan in `n pan reg om gebak te word en laat dit in `n koel plek staan tot die oond warm genoeg is