Tuesday, 27 September 2011

Smelt-in-die-mond-vingertjies















ongeveer 16

175 g botter
125 ml (½ k) versiersuiker
250 ml (1 k) koekmeel
125 ml (½ k) mielieblom
knypie sout
200 g (1 groot plak) donkersjokolade

Stel oond op 180 °C.

Room botter en versiersuiker tot liggeel.

Sif koekmeel, mielieblom en sout. Meng meelmengsel by bottermengsel tot deeg vorm.

Skep deeg in versiersak met sterspuitpunt met 8 mm-deursnee.

Voer bakplaat met bakpapier en spuit vingers van ongeveer 6 cm lank op bakpapier.

Bak vir 15 min. of tot goudbruin.

Skep op afkoelrakkie en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.

Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70% krag of in dubbelkoker.

Doop punte van vingers in sjokolade. Plaas op bakpapier tot gestol.