Tuesday 27 September 2011

Koljander Coriandrum sativum






















Die kenmerkende smaak en geur van vars koljander laat smulpape – veral dié wat van kerrie en Oosterse geregte hou – gereeld ’n loflied sing.

Kweekwenke
• Koljander is ’n jaarplant en word sowat 45-60 cm hoog. Plant in volson of halfskadu in ligte sanderige grond wat goed dreineer en met baie organiese materiaal verryk is. Die plant het baie water nodig.
• Saai die saad in die lente of herfs, anders sal dit te vinnig saad skiet. Dit behoort binne 2-3 weke te ontkiem.  Koljanderblomme lok voordelige insekte soos liewenheersbesies en gaasvlieë.

Oeswenke en gebruike
• Koljander is gewild in Thaise, Indiese, Mexikaanse, Spaanse, Portugese,  Marokkaanse en ander Noord-Afrikaanse resepte. Die sade wat later aan die plant vorm is ’n spesery en kan gedroog fyngemaak word om in braaivleisgeurmengsels, stowegeregte en piekels te gebruik.
• Die geur van die blare gaan verlore as dit te lank kook – voeg dit by kort voor jy die gereg van die plaat verwyder.


Koljanderblare is ook bekend as dhania, Chinese pietersielie en cilantro.

(Kyk onder resepte vir Keker-ertjies en fetaslaai met Koljander in)