Tuesday 20 September 2011

Slegte reuke op jou honde

Jy kan ook ontslae raak van slegte reuke op jou honde. Gee die hond `n lekker bad. Spoel hom af met skoon water. Meng `n mengsel van 1 koppie wit asyn en 9 liter water. Bedek die hond se pels met die mengsel. Maak die hond se pels droog sonder om weer af te spoel. Die reuk sal dan weg wees.