Wednesday 28 September 2011

Slaai / nagereg in 'n glas potjie


Hou die goggas uit die slaai en verras jou gaste met iets nuuts.

Klein glas potjies maak die oulikste slaai houers wat jy oor en oor kan gebruik. 
Hierdie idee is ideaal vir wanneer jy ‘n piekniek beplan.  Elke persoon het sy eie potjie met slaai daar in. 
Wanneer jy weer ‘n braai beplan en jy wil die gaste bietjie verras, kan jy vir elke gas ‘n klein glas potjie met sy eie nagereg daarin op die tafel neersit.  Die dekseltjies verhoed dat goggas daar in klim en wanneer die braai klaar is, kan die gaste aan die nagereg smul soos dit hulle pas.  Almal wil nie altyd dieselfde tyd nagereg eet nie.  Sommige wil bietjie wag na ete, en dit maak hierdie “help jou self” -idee dus ideaal om die gasvrou ook ‘n rustige kuiertjie te laat geniet. 
Om dit mooi af te rond, bind die lepel met ‘n mooi lint om die potjie vas.