Wednesday 28 September 2011

Cupcake blommetjies


Versier cupcakes / kollewyntjies vir ‘n dogtertjie se verjaarsdag of ‘n dames tee met marshmallow blomme.
Versier eers die cupcake met gewone versiersel.
Neem malvalekkers en knip hul met ‘n sker.  (Die blomblaartjie sal sommervanselfvorm aanneem.)  Pak die blomblaartjies soos op die foto hier bo en indien nodig sit stewig vas met ekstra versiersuiker.  “Hundreds and thousands” kan op die blaartjies gesprinkel word en rond dan af met ‘n Smartie of ‘n klein plastiek skoenlappertjie in die middel.